Hier is een van my gunsteling gedigte deur ‘n onbekende skrywer…

Mnr De Villiers op http://www.woes.co.za

“Jy stig ‘n vuur in my
Ek hunker na jou lippe
Wat soos soet heuning roep
Die loop van jou hande oor my lyf

Knak my

Jy is die rots wat ek my breek
My verstaan
My vergewe

Die vuur in my lewe,

Wat onstig,
Wat brand,
Wat my laat lewe…”

Gaan kyk ‘n bietjie… Ek weet my blog kry nie baie “hits” nie, maar ek sal my deel doen om die persoon te ondrsteun.

Soos hy/sy nuwe gedigte publiseer sal ek dit hier plaas!

Ciao!

Die naweek was ek by my klein niggie se ‘baby-shower’.

Raait!

Dit was ‘n ongelooflike openbaaring. Ek se openbaaring want dit was Bybels.

Ek het die aangenaaide familie ontmoet… En ja dit is letterlik aangenaai! Ek is nie een om te oordeel nie, regtig ek is nie sonder sonde nie, maar wragtig die mense se verwysings raamwerk is baie baie baie het ek gese baie kak.

Om julle ‘n idée te gee:

Ek: “Ek moet gaan, ek vat my meisie inry toe dan…”
(midde my sin)

Aangenaaide familie lid (AF): “Fokkit inry, lekker tyd om te naai!”

Ek: “Hahahaha, jaaaa….”
(hey jy moenie fokken oordeel nie, die mense het geen skaamte en dit help nie om met hulle te stry nie… “they will drag you down to their level, and beat you with experience..”)

AF: “wel geniet dit…ons gaan nou lekker suip!”

Sien julle, fokken hel dit was verskriklik!

Hulle maak toe ‘n vuur met ‘n halwe sak kole… ‘n halwe sak! Ek gooi my vier beeshaas-snitte op die vuur, koeps, 5 min, daai is die vuur koud!

Fok weet jy! So ek kry my arme klein niggie jammer…

Maar ek wens vir haar die wêreld se geluk toe… Ek is net ‘n foon oproep weg nig!

Na ‘n baie ongemalike lang stile, het die koning besluit dat ons weer iets moet doen in die “blog”-sfeer.

Die afgelope tyd was dit maar woes besig…ek is in die proses om ‘n paar stukkies te skryf. Wie sou kon dink dat ‘n nuwe meisie mens so besig kan hou… Genade.

Maar eers die gal-braak vir die dag!

Soms word goed gevra van jou wat jy moet doen maar nie wil doen nie…en dit het my aan die wonder gesit…

Hoe ver is mens beried om te gaan om ‘n verhouding te laat werk? Ek sal erken ek is moer bang vir vaste verhoudings, ek like die hele verlief wees ding en romantiese dinge doen… en as dit opdroog, dan hardloop ek die heuwels in. Om eerlik te wees ek raak redelik onaangenaam, en dan los die dame my gewoonlik…
Dis ‘n proses wat werk…

Met die nuwe dame is ek myself. Dis ongelooflik vreemd, saam met haar is daar geen voorgee, daar is geen valsheid, daar is opregtheid en eerlikheid. Iets wat ek myself al vir jare lank teen beskerm…
Ek weet nie of dit die skyn/voorgee in die ander verhoudings was nie, maar iets is anders met die meisie… Ek voel of daar inderdaad ‘n dieper konneksie is.

Nadat julle die gelees het is dit duidelik dat ek geen rede het om te gal-braak nie… Wel dis nie waar nie, inteendeel ek is iets gevra wat my geskok het tot in my klein toontjie, as te ware is ek it my gemak zone geruk!

En die het ‘n ongelooflike demper op ‘n anders fantastiese Sondag geplaas.

Doenit!

Doenit NOU

http://gormendizer.co.za/2009/09/01/afrikaanse-blogsensus-g0g0g0/

As jy per abuis op my blog afkom los net ‘n komnetaar, al se jy net ietsie kleins ek wil net sien dat daar iets gebeur!

Fanks!

Volgende Blad »